Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
diogenessindroom s.nw. [soms verkort tot diogenes] [geen meervoud, ook met ’n hoofletter] (psigiatrie en psigoanalise)
Ook sindroom van Diogenes
sindroom wat gekenmerk word deur onder meer stelselmatige selfverwaarlosing en verontagsaming van higiëne, obsessief-kompulsiewe gedrag, versameldrange en agterdog: › Diogenes-sindroom verwys […] na ’n toestand waar ouer mense hulleself afsonder en verwaarloos, in smerige huishoudings woon, apaties is en kompulsief goed opgaar. Aggressie, koppigheid, buierigheid, agterdog en ’n wanpersepsie van die werklikheid is meestal teenwoordig en mense wat aan dié sindroom ly, is dikwels hoogs intelligent (Vrye Weekblad, 6 Desember 2019).
◌ ENGELS: Diogenes syndrome | senile squalor syndrome
oorsprong:
Genoem na die Ou Griekse wysgeer Diogenes van Sinope, een van die grondleggers van die Sinisme
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot
diep
diepdekkingsagent
digikon
digisfeer
digitaal
digitaliseer
digitalisering
digitiseer
digitisering
dikvingerfout
dingemalêrie
dinges
dinktenk
diogenessindroom
disanie
disfemisme
disinformasie
distansiëringsuitrusting
djas
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix