Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
dermuitrygery s.nw. [geen meervoud] Ook dermsuitrygery
nimmereindigende ontleding van en gepraat en gekla oor ’n saak: › Wat my terugbring by die dermuitrygery oor resensies die afgelope maande. Boekresensies is onontbeerlik. Skrywers én lesers gebruik dit as barometer, ’n maatstaf en waardebepaler.
’n Boekebedryf sonder resensies is een waar uitgewers se gesondheid nooit openlik gediagnoseer word nie, en waar die afsterwe ’n skok is (Kerneels Breytenbach as Crito, LitNet, 29 Maart 2025). › In my jong dae was ek lief vir Schoeman se romans – ek het as tienerjarige en later in my twintigs aanklank gevind by al die dermsuitrygery (Johannes de Villiers, Huisgenoot, 26 Januarie 2023 ). › Die probleem met al dié openbare dermsuitrygery is dat dit binnekort ou nuus raak. Elke onthulling het minder impak as die vorige een (Huisgenoot, 28 Mei 2021).
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dermuitrygery
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot
diep
diepdekkingsagent
digikon
digisfeer
digitaal
digitaliseer
digitalisering
digitiseer
digitisering