Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
deelekonomie s.nw. [geen meervoud] sosio-ekonomiese stelsel waarin deel en kollektiewe verbruik – gesamentlike skepping, produksie, verspreiding, handel en verbruik van goedere en dienste – sentraal staan, dikwels met inligtingstegnologie as katalisator: › Konsepte soos die deelekonomie en skarefinansiering kan help om kommersieel volhoubare kleinboere en landbou-entrepreneurs te ontwikkel (Netwerk24, 13 Julie 2018). › Die deelekonomie het die wêreld, én Suid-Afrika, soos ’n warrelwind getref in die vorm van nuwe ondernemings wat die internet gebruik om kliënte en diensverskaffers bymekaar uit te bring vir transaksies in die regte wêreld (Finweek, 1 Maart 2018). › Die deelekonomie met dienste soos Uber en Airbnb is diep gewortel in die wêreld van studente (Elvira Wood, Beeld, 14 Januarie 2017).
◌ ENGELS: sharing economy | collaborative economy | collaborative consumption | on-demand economy | peer-to-peer economy | platform economy
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai