Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
CPAP afk. [Engelse verkorting van continuous positive airway pressure] volgehoue positiewe lugwegdruk; ’n vorm van asemhalingsondersteuning by mense met longprobleme.
› CPAP-masjien toestel wat oor die neus en mond geplaas word om die vloei van lug na die longe te reguleer: › Die Solidariteitsfonds het R250 miljoen bewillig vir die vervaardiging van 20 000 asemhalingstoestelle. Dis nie ventilators nie, maar wel sogenaamde CPAP-masjiene (Continuous Positive Airway Pressure) wat lug in ’n pasiënt se lugweg instoot (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 22 Januarie 2021). › Ná die diagnose het die dokter Katrina aangeraai om voortaan met ’n volgehouepositiewelugwegdruk-masjien (CPAP-masjien) te slaap (Huisgenoot, 15 Augustus 2019). › ’n CPAP-masjien is die beste manier om slaapapnee teë te werk (Rapport, 11 Maart 2018).
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
coltan
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek