Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
choke (Engels, informeel, figuurlik)
♦ ww. | het gechoke | onsuksesvol wees; lam raak; verlam word; nie die mas opkom nie: › In ’n week waarin […] die nasionale krieketspan hulself ongekend choke, …
(Sarie Marais-Nell, Die Burger, 15 Junie 2019). › Dit was letterlik ’n hele gemeenskap wat opstaan. Ons sou voor dwelmverkopers se huise parkeer en só hul besigheid choke want dan kom koop niemand daar nie (Kader Jacobs aan Hanlie Retief, Rapport, 21 Julie 2019).
♦ s.nw. [geen meervoud] mislukking: › Ons is darem die choke gespaar (Louis de Villiers, Rapport, 9 Junie 2019).
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie