Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
chill ww. (Engels, informeel) (soms met bykomende gevoelswaarde)
♦ ww. | het gechill | ◌ Ook (minder gebruiklik) tjil | het getjil | ◌
1 ontspan; in ’n ontspanne, vrolike bui of luim verkeer: › By die vakansieoord sal sy eers chill, aan haar tan werk, en met hernieude ywer die jaar aanpak (Malene Breytenbach, Huisgenoot, 20 Mei 2022).
2 kalmeer: › Los die histerie. Almal het hul eie wêreldeinde, of dit nou ’n warm Londen of verkeersreëllose Suid-Afrika is, maar almal moet ook net ’n bietjie chill, al is dit 40 °C (Loftus Marais, Rapport, 24 Julie 2022).
♦ b.nw. | chillste | [gewoonlik attributief] ◌ Ook gechill ◌ kalm; ontspanne; in ’n ontspanne, vrolike bui of luim: › Hulle sien net plakkies, donkerbril en T-shirt en dink, die ou is chill (Willem van der Berg, Weg, 27 Mei 2022). › Grommet is die chillste pikkewyn ooit (Huisgenoot, 7 Junie 2022).
samestelling(s):
chill-area
KYK OOK: gechill
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli