Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

EARS-CoV-2 s.nw. [afkorting van: ernstige akute respiratoriese sindroom-koronavirustipe 2] [geen meervoud] (patologie) Ook ears-CoV-2, (verkeerd met ’n hoofletter) Ears-CoV-2 naam van die virus wat covid-19 by mense veroorsaak: Die virus wat die wêreld tans aan die praat het, se naam is: ernstige akute respiratoriese sindroom-koronavirus-tipe 2 (Ears-CoV-2). Die siekte wat dit veroorsaak is: Covid-19. Dit is nie die “die Covid-19-virus” nie. Dus, wanneer jy siek word, het jy Covid-19 onder lede (Elsabé Brits, Netwerk24, 7 Maart 2020). Op 11 Februarie maak die Internasionale Komitee vir Virustaksonomie en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vir beide die virus en die siekte ’n amptelike naam bekend: “EARS- (SARS-)CoV-2” vir die virus, om die verband met “EARS-CoV”, wat in 2003 ’n soortgelyke “ernstige akute respiratoriese sindroom” (“EARS”) veroorsaak het, te beklemtoon, en “Covid-19” (“coronavirus disease 2019”) vir die siekte. Die naam “EARS-CoV-2/Covid-19” is dus soortgelyk aan “MIV/vigs”: Die eerste deel verwys na die virus; die tweede na die toestand. As jy Covid-19 het, is jy siek (Jana Luther, Beeld, 28 Februarie 2020). | ENGELS: SARS-CoV-2
KYK OOK: covid-19, koronavirus


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther