Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
captcha akr. [Engelse verkorting van completely automated public Turing test to tell computers and humans apart] ◌ Ook [met hoofletters] CAPTCHA, (dikwels gebruikte, maar nie-erkende skryfwyse) Captcha ◌ toets om vas te stel of ’n webbladbesoeker ’n mens of ’n masjien is, soos ’n versoek om ’n reeks moeilik leesbare karakters oor te tik of voorwerpe in ’n aantal prente te herken: › die Captcha, daardie irriterende prentjies wat op die internet gebruik word om seker te maak jy is wel van vlees en bloed en nie sommer net ’n outomaat wat maak of hy ’n mens is nie. Hulle benut onder meer die manier waarop die menslike brein visuele inhoud soos dié op ’n foto interpreteer [...] En dit is nogal belangrik vir die funksionering van die internet. Sonder Captchas sou dit byvoorbeeld maklik gewees het om outomate te gebruik om miljuisende webgebaseerde e-posadresse te skep waarmee vals identiteite geskep sou kon word (Willem Kempen, Netwerk24, 9 Augustus 2014). › Van die besonderhede wat gebruikers moes invul, sluit in hul naam, van, ID-nommer en selfoonnommer. Daar is ook vereis dat gebruikers ’n sogenaamde reCaptcha moes invul voordat hul navraag versend kon word. ’n reCaptcha is ’n Captcha-funksie op talle webwerwe wat help keer dat vorms outomaties deur ’n rekenaar voltooi word. Dit is ’n manier om met redelike sekerheid te bepaal dat dit ’n mens is wat die vorm invul (Petrus Malherbe, Netwerk24, 20 April 2018).
samestelling(s):
captcha-uitdaging: › Die foto waarin jy ’n verkeerslig moet identifiseer. Ek het dit nageslaan: Dit word ’n CAPTCHA-uitdaging genoem. As jy saamspeel, help jy Google om hulle KI-masjien op te lei deur voorwerpe in foto’s uit te wys wat rekenaars nie noodwendig kan herken nie. So help jy hulle om beter met beeldherkenning te word, wat hulle sal help om CAPTCHAS in die toekoms te fnuik. Ons kan nie wen nie, lankal nie meer nie (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 5 Desember 2023).
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud
bullebakkie
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees
burrito
bus 1
bus 2
Bybelboelie
byebed
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte
bysteekkoek
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien