Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
char (Engels)
♦ ww. | het gechar | betaal word om vir iemand anders in sy/haar huis te werk: › So, dit was juis met hierdie heilige, politieke skoene wat ek eendag in Desember 1972 saam met Ouma in Seepunt by die Williamson-familie gaan char het (Jeremy Vearey, Jeremy van die Elsies, 2018). › Om in sak en as te sit, is nie wie sy is nie daarom het sy elke werk wat sy gedoen het – van in ’n klerefabriek werk tot oumense was en char – met ywer aangepak (Ernusta Maralack, Kuier, 16 Mei 2019).
♦ s.nw. | chars | iemand, veral ’n vrou, wat geld verdien deur ander met roetinetake in hulle huise te gaan help: › Om dinge tuis makliker te maak, het Lawrence skool in standerd 8 (graad 10) verlaat nadat sy ma, wat as char gewerk het, vir hom ’n werk as skoonmaker by haar werkgewer se meubelfabriek in Woodstock gekry het (Marteli Brewis, Kuier, 12 April 2019).
◌ SINONIEM(E): huiswerker | huishulp
◌ ENGELS: char
bus 2
Bybelboelie
byebed
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte
bysteekkoek
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona