Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
churro s.nw. | churros | (Spaans, kookkuns) tradisionele Spaanse gebak in die vorm van ’n lang strook deeg wat nadat dit uit ’n spuitsak met ’n stervormige punt gedruk is, soos ’n oliebol in warm olie gebak en dikwels in ’n mengsel van suiker en kaneel gerol en in ’n sjokolade- of karamelsous gedoop word: › Die kenmerkende kaneelsuiker-knars van ’n churro (Karla Janse van Vuuren, Netwerk24, 29 April 2022). › Ons eindig die kostoer op ’n soet, historiese wyse met ’n besoek aan die oudste churrería in Mexiko waar churros, langwerpige oliebolle met sjokolade-en-karamelsous, enige lus vir soetgoed sal bevredig (Monique Strydom, Rapport, 4 September 2022).
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala