Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
dagga s.nw. [gewoonlik enkelvoud] die plant Cannabis sativa: › Een van die vele dinge wat dagga reggekry het, is om die taal op die paal te sit. Dit staan onder meer bekend as dwaalbos, boom, aaptwak, giggelgras, papegaaislaai, omkykskyf, elektriese spinasie, rondkyktwak en zol. ’n Mens kry ook nie net een soort nie – daar is klipdagga, perdedagga, makdagga, malkopdagga, rooipootjie, perdedagga, rookdagga, stranddagga, knopdagga, velddagga en koppiesdagga. Selfs die naam van ’n Afrikaanse dame is al ingespan om die kruid te benoem: die groenoognooi Marie-Johanna van der Schijff. (Marie-Johanna is afgelei van “marijuana” en Van der Schijff van “skyf”.) (Theunis Engelbrecht / Heinz Mödler, Rapport, 12 Januarie 2020). ◌ SINONIEM(E): aaptwak | bhang | boom | duiwelasem | dwaalbos | ganja | ghonnaghoet | ghwa | ghwaai | giggelgras | gras | groenvoer | haasgras | hoendervoet | (Zoeloe) insangu | kannabis | (tronktaal) magalies | Marie-Johanna van der Schijff | omkyktwak | papegaaislaai | pot | rooibaard ◌ ENGELS: cannabis | dagga | marijuana
samestelling(s):
daggakafee: › Deesdae skiet daggakafees met ellelange lyste produkte vir die fynproewer oral in Johannesburg op (Jessica Pitchford, Vrye Weekblad, 10 Mei 2019).
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi