Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
DeFi akr. [verkorting van gedesentraliseerde finansiering, gedesentraliseerde finansies] nuwe, eksperimentele vorms van finansiële protokolle wat onafhanklik van tussengangers op blokkettings gebaseer word: › Benewens dat dit ’n plek is waar kripto’s verhandel word, het Binance ook sy eie blokketting, die Binance Smart Chain (BSC). Die BSC bied soortgelyke funksies aan Ethereum, Solana en Cardano deurdat dit ’n ekosisteem van gedesentraliseerde finansiële produkte (DeFi) en dienste wil ontwikkel, deur hierdie finansiële transaksies met behulp van slimkontrakte te fasiliteer (Netwerk24, 24 September 2021). › Net soos wat kripto’s die belofte inhou dat dit beheer oor geldeenhede van die enkeles na die massa verskuif, net so neem De-Fi beheer oor finansiële produkte weg van tussengangers soos banke, beurse, makelaars, geldskieters en selfs dobbelhuise, en plaas dit in die hande van ’n openlike en openbare blokketting-netwerk. Kopers, verkopers, uitleners en leners kan gevolglik regstreeks met mekaar sake doen via neutrale sagteware-toepassings wat elke transaksie fasiliteer (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021). › In praktyk het DeFi ’n generiese term geword wat verwys na enige toepassing wat blokketting-tegnologie of kripto’s gebruik om ’n alternatiewe soort finansiële produk te skep (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021). › DeFi is ’n onderafdeling van die kriptogeldeenheidbedryf, wat tradisionele finansiële instellings uitdaag, insluitend banke, versekeringsmaatskappye en aandelemakelaars, waar entrepreneurs semi-outomatiese handels- en kredietstelsels bo-op blokkettingnetwerke bou (Netwerk24, 24 September 2021). ◌ ENGELS: decentralised finance | DeFi
samestelling(s):
DeFi-proses: › Die ideaal is dat daar geen gesentraliseerde beheer oor ’n DeFi-proses is nie; dit werk outonoom via die blokketting deur die gebruik van sogenaamde slimkontrakte – stukkies kode wat inskop sodra aan sekere voorwaardes voldoen is (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021).
KYK OOK: slimkontrak
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r