Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
datajoernalistiek s.nw. [geen meervoud] die praktyk van joernalistiek te beoefen met behulp van data as primêre bron: › Ek hou van datajoernalistiek, want die verskuilde storie agter rye en rye syfers is fassinerend. As jy data en veral patrone bestudeer, begin ’n prentjie vorm van wat aan die gebeur is (Anton van Zyl, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023). › Iets wat belangrik is om te onthou, is dat hierdie twee vorme van joernalistiek nie eksklusief is nie: datajoernalistiek kan tradisionele verslaggewing insluit en tradisionele joernalistiek kan data-insigte insluit (Media Hack Collective, November 2022).
◌ ENGELS: data journalism
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dermuitrygery
dêrra
dêrrie
deugdwang