Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
dankbaarheidsdagboek s.nw. | dankbaarheidsdagboeke | boek waarin jy daagliks, by die betrokke datum, dinge aanteken waarvoor jy dankbaar is, veral met die doel om ’n positiewer lewensingesteldheid te ontwikkel: › Carla stel voor jy hou ’n dankbaarheidsdagboek. “Om elke dag tyd daaraan te wy om doelbewus te dink aan die dinge waarvoor jy dankbaar is, is ’n kragtige manier om jou gemoedstemming én die slegte gewoonte om gedurig te voel of jy aan die kortste end trek, te verander” (Nici de Wet, Huisgenoot, 7 Mei 2021). › Oprah Winfrey het al meer as 20 jaar gelede die lof van dankbaarheidsdagboeke besing. Dit werk so: Jy kry ’n boekie en hou dit langs jou bed. Elke aand voordat jy gaan slaap, skryf jy vyf dinge neer wat dié dag gebeur het en waarvoor jy dankbaar is (Phyllis Green, Sarie, 13 Maart 2020). › Dink elke dag aan minstens drie goed en skryf hulle neer in jou dankbaarheidsdagboek, op jou Facebook-tydlyn of klein stukkies papier wat jy vir dié doel in ’n fles bêre (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 20 Desember 2019).
◌ ENGELS: gratitude journal
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind