Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
dataskraping s.nw. [geen meervoud] (internet) outomatiese versameling van teks of ander data van webbladsye en die berging daarvan in ’n gestruktureerde formaat: › Twitter gaan beperkings instel op hoeveel twiets gebruikers daagliks kan lees om “uiterse vlakke” van dataskraping en manipulasie van die stelsel te ontmoedig (Netwerk24, 1 Jul. 2023). › Om bepaalde tendense te analiseer, of studies uit te voer, gebruik navorsers dikwels spesiale hulpmiddels en programme wat deur dataskraping die HTML-kode van uitgesoekte webbladsye, soos dié van akademiese joernale, nuusartikels of sosialemediaplatforms bekom en dan gewenste inligting, teks of ander data, daaruit onttrek. › Dit is belangrik om daarop te let dat wanneer jy dataskraping gebruik, dit noodsaaklik is om die webwerf se diensbepalings te respekteer en nie enige wettige of etiese grense te oortree nie. Sommige webwerwe mag spesifieke reëls of beperkings vir dataskraping hê, dus is dit belangrik om daardie riglyne te hersien en daaraan te voldoen (ChatGPT, 2 Julie 2023). ◌ ENGELS: data scraping
KYK OOK: dataskraper, webkruiping
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering