Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
denkleier s.nw. | denkleiers | iemand wat ten opsigte van kundigheid, spesialiskennis, perspektief en veral innoverende, vooruitstrewende denke, op ’n spesifieke gebied unieke leiding bied en daardeur tot ’n spesifieke bedryf of studieveld ’n erkende, gerekende bydrae lewer: › Jy kan van hom verskil, maar A. is ’n gerekende denkleier (Johannes Froneman, 8 April 2022). › US soek nuwe kanselier [...] Die individu moet ’n denkleier in eie reg en ’n rolmodel vir die universiteitsgemeenskap wees (Netwerk24, 19 Augustus 2019). › Ons almal, maar veral denkleiers in die samelewing, moet meer sensitiwiteit vir die pyn van gay mense hê. Dié wat nie hul woorde beter kies nie, sal deel van die probleem bly (Neels Jackson, Rapport, 21 Augustus 2022). ◌ SINONIEM(E): denkbeïnvloeder ◌ ENGELS: thought leader
KYK OOK: denkleierskap
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot
diep
diepdekkingsagent
digikon