Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
deelekonomie s.nw. [geen meervoud] sosio-ekonomiese stelsel waarin deel en kollektiewe verbruik – gesamentlike skepping, produksie, verspreiding, handel en verbruik van goedere en dienste – sentraal staan, dikwels met inligtingstegnologie as katalisator: › Konsepte soos die deelekonomie en skarefinansiering kan help om kommersieel volhoubare kleinboere en landbou-entrepreneurs te ontwikkel (Netwerk24, 13 Julie 2018). › Die deelekonomie het die wêreld, én Suid-Afrika, soos ’n warrelwind getref in die vorm van nuwe ondernemings wat die internet gebruik om kliënte en diensverskaffers bymekaar uit te bring vir transaksies in die regte wêreld (Finweek, 1 Maart 2018). › Die deelekonomie met dienste soos Uber en Airbnb is diep gewortel in die wêreld van studente (Elvira Wood, Beeld, 14 Januarie 2017). ◌ ENGELS: sharing economy | collaborative economy | collaborative consumption | on-demand economy | peer-to-peer economy | platform economy
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder
denkleier
denkleierskap
depro
deradikaliseer
derdekultuurkind
dermatillomanie
dermsakkie
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai