Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
damp
♦ ww. | het gedamp | ◌ Ook damprook | het gedamprook | ◌ die dampe van ’n damptoestel of elektroniese sigaret (e-sigaret) inasem en uitblaas; ’n e-sigaret rook: › Dit word gerook, gesnuif en gekou. Nou ook gedamp (minderheidsverslag.co.za, 20 September 2016). ◌ ENGELS: vape
♦ s.nw. [geen meervoud] die rook van ’n e-sigaret; inaseming van die dampe afgegee deur ’n damptoestel: › vir mense soos ek wat vir jare letterlik gebid het om ’n wyse te vind om op te hou rook sonder dat hulle deur ’n lewende hel gaan. Die antwoord is damp (houoprook.wordpress.com, 31 Mei 2017). ◌ ENGELS: vaping
samestelling(s):
damproker
damptoestel
dampvloeistof
afleiding(s):
damper: › Soos enige damper (“vaper”) jou sal vertel … (houoprook.wordpress.com, 31 Mei 2017). › Die meerderheid dampers het soos ek nog nooit weer aan ’n sigaret gevat nie (houoprook.wordpress.com, 31 Mei 2017). | dampery
KYK OOK: dampstokkie
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel
dankbaarheidsdagboek
dassiemaan
data
databondel
datadroogte
datajoernalis
datajoernalistiek
dataskraper
dataskraping
data-tsunami
deelekonomie
defensiewe argitektuur
DeFi
dekonstrueer
dekonstruksie
deksametasoon
deltavariant
Denisovamens
denkbeïnvloeder