Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
coltan s.nw. [geen meervoud] (mineralogie) Ook koltan
erts wat die minerale columbiet (ook kolumbiet gespel, of niobiet genoem) en tantaliet bevat: › M. vra oor coltan, die mineraal kolumbiet-tantaliet wat in selfone, skootrekenaars en elektroniese toestelle gebruik en uit die DRK na Rwanda gesmokkel word (Shirley de Villiers, Vrye Weekblad, 7 Februarie 2025). › Die DRK beskik oor die wêreld se grootste bron van koltan (coltan), wat verwerk word tot tantaal (tantalum), ’n sleutelkomponent in toestelle soos skootrekenaars en selfone (Liezel de Lange, Rapport, 22 Desember 2024). › Dwelms, vuurwapens, onwettige hout, goud, die mineraal coltan, mense, ivoor, renosterhorings, ietermago-skubbe ...
Dit is maar net ’n paar van die talle produkte wat die ekonomiese onderbou van georganiseerde misdaadsindikate en terreurgroepe ... verteenwoordig (Tony Weaver, Netwerk24, 2 Oktober 2018). › Die meeste van die wêreld se coltan en kassiteriet is afkomstig van konflikmyne in Afrika, meestal in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) (Netwerk24, 28 November 2017).
samestelling(s):
coltanhandel
coltanmyn
coltanproduksie
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
coltan
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie
damptoestel