Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Clicksbril s.nw. Clicksbrille | Clicksbrilletjie | [dikwels verkleinwoord] (informeel, handelsnaam) leesbril wat oor die toonbank gekoop kan word sonder om die oë vooraf deur ’n kundige te laat toets: › Dan sien ek die persoon wat ons gaan besoek – sy het ons al van die deur af gesien met haar goeie, maar bejaarde ogies wat net nou en dan ’n Clicks-brilletjie vir lees nodig het (LitNet, 26 September 2011). › Jong, ek voel skuldig maar sukkel om te lees en die Clicksbrilletjie is nutteloos (Rondomtaliedraai.wordpress.com, 18 Mei 2018). › “Gaan voort,” grom ek agter die koerant met die wortelkoek in my kies terwyl ek haar so oor die rand van die koerant met my Clicks-brilletjie aangluur (LitNet, 28 April 2010). ◌ ENGELS: Clicks reading glasses
oorsprong:
Na die naam van die kettingwinkelgroep waarheen baie mense gaan om so ’n bril aan te skaf.
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
corona
coronaparanoia
coronavirus
CoV
covid-19
covidioot
CPAP
CRISPR
croissannoli
cronut
cruffin
cruise
dagga
daggakoekie
daikon
dala
dalgona
dalgonakoffie
damp
damppen
damprook
dampstokkie