Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
charlatan s.nw. | charlatans | iemand wat bluf, grootpraat, bedrieg: › As jy gedink het [die oudminister] was ’n nasionale verleentheid en ’n charlatan, dan sal haar bedankingsbrief as parlementslid elkeen van jou vooroordele bevestig (Vrye Weekblad, 14 Junie 2019). › Die man is ’n charlatan van die eerste water (Vrye weekblad, 3 Mei 2019).
oorsprong:
Oorspronklik uit die 17de eeu in verwysings na rondreisende verkopers van kwaksalwermedisyne; via Frans uit Italiaans ciarlatano om te babbel.
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte
bysteekkoek
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop
chlorokien
choke
chroniese-covid-sindroom
churro
CIPC
cis
cisgender
Cites
clichétoeris
Clicksbril
CMS
coltan
corona
coronaparanoia
coronavirus