Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
byeterapie s.nw. [geen meervoud] vertakking van alternatiewe geneeskunde waarby bye en produkte van bye gebruik word, soos heuning, stuifmeel, byegif, koninginjellie en propolis (die gomagtige stof waarmee werkerbye openinge en gate in die nes toestop): › Om naby bye te rus of te slaap is ’n antieke manier om jou gesondheid met die hulp van bye te behandel [...] Die byeterapie-hut huisves agt korwe. As terapie het dit verskillende name – byeterapie, slaap op byekorwe of bloot “byebeddens”. Die gebruik word reeds eeue lank in Oos-Europa, veral Oekraïne, toegepas (Maricelle Botha, Netwerk24, 19 Junie 2021).
◌ SINONIEM(E): apiterapie
◌ ENGELS: apitherapy
oorsprong:
Latyn apis by
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud
bullebakkie
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees
burrito
bus 1
bus 2
Bybelboelie
byebed
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte
bysteekkoek
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan