Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
cannoli s.nw. | cannoli, cannoli’s | [enkelvoud cannolo] [enkelvoud en meervoud] (Italiaans, kookkuns) tradisionele Sisiliaanse gebak en nagereg wat bestaan uit ’n opgerolde beskuitjie of koekie, gevul met ricotta: › Wat is ricotta? Dis ’n Italiaanse wrongel-kaas (curd cheese) met ’n sagte en romerige tekstuur en ’n effens soet smaak wat dit ideaal maak om in soet én sout geregte te gebruik. Dink aan [...] daardie heerlike Italiaanse cannoli – ’n bros, silindervormige beskuitjie gevul met heerlike soet ricotta- en mascarpone-kaas en ’n tikseltjie suurlemoenskil. Subliem (Anél Potgieter, Rapport, 31 Julie 2022). ◌ ENGELS: cannoli
oorsprong:
Van cannolu buisie, van canna, riet, afgelei van die rivierriete waarin die wafels tydens voorbereiding eens gerol is.
samestelling(s):
cannolivorm
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud
bullebakkie
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees
burrito
bus 1
bus 2
Bybelboelie
byebed
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte
bysteekkoek
calavera
calzone
Camissa
cannoli
captcha
caput
Cas9
CBD
CBDC
CCS
ceviche
CFD
chakchouka
chappie
chaps
char
charcuterie
charcutier
charlatan
chartreuse
ChatGPT
chiasaad
chick lit
chill
chimichurri
Chinees
chizkop