Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
bruindrein s.nw. [geen meervoud] (informeel) toestand waar mense wat bruin van kleur is ’n werksomgewing in groot getalle verlaat, veral as gevolg van ’n beweerde doelbewuste poging om van bruin kundigheid ontslae te raak: › Die Kaapse speurderbaas het ’n punt beet met sy verwysing na die uitroei van bruin kundigheid in die polisie, maar dié ‘bruindrein’ kom ook elders voor waar swart die nuwe wit geword het (Heindrich Wyngaard, Vrye Weekblad, 11 Junie 2021).
oorsprong:
Na die Engels brain drain, verlies aan kundige persone wat ’n land verlaat om elders in die wêreld te gaan werk.
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud
bullebakkie
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees
burrito
bus 1
bus 2
Bybelboelie
byebed
byeterapie
bystanddood
bystandselfdood
bystandsterfte