Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
bromanse s.nw. | bromanses | besonder hegte emosionele band en (liefdevolle, maar nieseksuele) verhouding tussen twee of meer mans: › ’n Versteekte bromanse tussen D.F. Malan en Jan Smuts was gegrond op hul jeugvriendskap en familiebande en het blykbaar geen dieper politieke betekenis gehad nie (Martie Retief Meiring, Netwerk24, 3 Mei 2018). › ’n Bromanse is ’n manneding. In die politiek vind romanse nie plaas nie, al het Michail Gorbatsjof en Margaret Thatcher ’n baie diepe geneentheid in mekaar gevind (Martie Retief Meiring, Netwerk24, 3 Mei 2018).
◌ ENGELS: bromance
oorsprong:
Uit broer of bra + romanse
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek
buisserp
buiteboud-aan-buiteboud
bullebakkie
bullestrontitis
bulletjierugby
Burokratees