Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
broccolini s.nw. [gewoonlik enkelvoud]
Ook brokkolini
groen groente soortgelyk aan broccoli, maar met kleiner blommetjies en langer, dun stingels, wat in Japan ontwikkel is deur broccoli met Chinese kool te kruis: › broccolini, gaar gestoom › ’n hand vol broccolini, geblansjeer tot net gaar (Huisgenoot, 2 November 2020). › Broccolini se stam word geoes, aangesien broccoli se voedingswaarde glo in die stam is. Dit is waarskynlik die broccoli van die toekoms (Landbouweekblad, 28 Mei 2002).
◌ ENGELS: broccolini
samestelling(s):
broccolini-stam: › Die plastiekvurk breek af in een van die drie broccolini-stamme (Willem Anker, Skepsel, 2020).
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie
brugbaba
brugslaper
bruidzilla
bruilof
bruindrein
brulpadda
brumasie
brumeer
Bs en Vs
BS-radar
Buff
buisdrukker
buiskopdoek