Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
brasse s.nw. [meervoud] (informeel) ◌ Ook bra’s ◌ vriende; pelle; pêlle; broers: › Hier sit ek en my brasse en hanna-hanna in Kaaps-Afrikaans, en skielik moet ek nou my mooiste Engels gooi (Rohan Magerman, LitNet, 25 November 2014). › My ma het saam met my brasse gestaan en skrie (Chase Rhys, Kinnes, 2018). ◌ ENGELS: buddies | brothers | chums | chommies | mates
bootskaats
borrel
borsbreker
bos
bosgasiefrustrasie
boskasiedag
boskasiefrustrasie
boslanster
Bosniak
Bosniër
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek
broeksakoproep
brokkelbrein
brokkolini
bromanse
bron
brood
broodkrummel
broodmandjie