Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
boumafia s.nw. [gewoonlik enkelvoud] bendes wat konstruksiepersele beset en konstruksiemaatskappye dwing om beskermingsgeld te betaal: › Gewapende bendes eis omkoopgeld ter waarde van 30% van die totale projekkoste, en as kontrakteurs nie betaal nie, maak die boumafia die voortsetting van konstruksieprojekte onmoontlik (Netwerk24, 15 Februarie 2020). › Voorbeelde van die werk van die boumafia is legio. So byvoorbeeld is konstruksiewerk om die Mtentu-brug in die Oos-Kaap te bou gestaak nadat swaarbewapende bendelede die bouterrein vir 84 dae beset het (Jacques Pauw, Vrye Weekblad, 10 Maart 2023). › In ’n GI-TOC-verslag oor die boumafia vertel ’n konstruksiebestuurder hoe ’n sindikaatleier ’n AK-koeël aan hom oorhandig het met die woorde: “Hierdie koeël kos R17. Dit is wat jou lewe werd is as jy nie saam met ons werk nie” (Jacques Pauw, Vrye Weekblad, 10 Maart 2023). ◌ SINONIEM(E): konstruksiemafia ◌ ENGELS: construction mafia
bonobo
boodskapper-RNS
boogskiet
boom
boomchirurg
boomomhelser
boomversorger
boorling
bootskaats
borrel
borsbreker
bos
bosgasiefrustrasie
boskasiedag
boskasiefrustrasie
boslanster
Bosniak
Bosniër
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril
briljantjie
bRNS
broccolini
broeikas
broek