Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
bosvleis s.nw. [versamelnaam] vleis van enige wilde dier wat vir kos gejag is: › Dit het werklik nou tyd geword dat China met ’n massiewe bewusmakingsveldtog begin om sy burgers bewus te maak van die gevare daarvan om bosvleis te eet (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 27 Januarie 2020). › […] die hoogs bedreigde Westelike laaglandgorillas in Sentraal-Afrika, waar kanse op oorlewing skraal is weens habitatvernietiging en stroping vir bosvleis (Hanti Otto, Netwerk24, 3 Augustus 2019). › Sowat 50 persent van die diere wat die aarde met die mens gedeel het, is reeds weg, asook miljarde bevolkings van spesies. Die redes is spesies se verlies aan habitat, siekte, diere wat gejag word vir bosvleis en sogenaamde tradisionele geneeskunde, bosbou en ontwikkeling, besoedeling, klimaatsverandering, oormatige verbruik en gebrek aan behoorlike bewaring (Elsabé Brits, Beeld, 12 Julie 2017). ◌ ENGELS: bushmeat
bolla 2
bollaharkie
bomsiklogenese
bomsikloon
Bonnie-en-Clyde-sindroom
bonobo
boodskapper-RNS
boogskiet
boom
boomchirurg
boomomhelser
boomversorger
boorling
bootskaats
borrel
borsbreker
bos
bosgasiefrustrasie
boskasiedag
boskasiefrustrasie
boslanster
Bosniak
Bosniër
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia
boyfriend
bra
brabbelmiekser
Brahma
Brahman
brandstraf
brannas
brasse
Braxton Hicks-sametrekking
breek
brei
breinbarstend
breinbeneweldheid
breinorgasme
breinpoep
brekende nuus
briewebusmaatskappy
-bril