Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
bonobo s.nw. | bonobo’s | [tevore dwergsjimpansee] groot aap, ’n bedreigde spesie verwant aan die sjimpansee, wat alleen in die reënwoude van die Kongo voorkom: › Die bonobo’s, skadelose primate wie se DNS 98,7% met dié van die mens ooreenstem, se breinvolume is maar een derde van ons s’n (Tinus Horn, Vrye Weekblad, 2 September 2022). › Wanneer ek deur die foto’s van die ape in die boek blaai, word ek weggevoer daardeur. Dis asemrowend mooi en gevoelvol. Tog is ek bewoë terwyl ek na die portrette van die gorillas, orangoetangs, sjimpanees en bonobo’s kyk (Phyllis Green, Sarie, 9 Oktober 2020). › Sjimpansees, gorillas, bonobo’s en orangoetangs bou elke aand vir hulself ’n bed van saamgeflansde takke en blare in bome (Netwerk24, 18 Mei 2018).
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks
boks-
boksemdais
boksendais
bolla 1
bolla 2
bollaharkie
bomsiklogenese
bomsikloon
Bonnie-en-Clyde-sindroom
bonobo
boodskapper-RNS
boogskiet
boom
boomchirurg
boomomhelser
boomversorger
boorling
bootskaats
borrel
borsbreker
bos
bosgasiefrustrasie
boskasiedag
boskasiefrustrasie
boslanster
Bosniak
Bosniër
bosvleis
boswa
bot
bottelkoors
botterbulletjie
boumafia