Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
boerkini s.nw. | boerkini’s | swemklere wat ’n (Moesliem)vrou heeltemal bedek, soos die ortodokse vertolking van die Islam vereis, maar waarin sy gemaklik strand toe kan gaan en kan swem: › In 2004 het ’n Australiese Moslemvrou, Aheda Zanetti, die boerkini ontwerp (Netwerk24, 31 Augustus 2016). › In sommige etnies heterogene lande, soos Israel (met sy Moslemminderheid van 20%), is die boerkini op die strande van Tel Aviv naas die bikini taamlik algemene gesig. Niemand sien dit as ’n probleem nie (Leopold Scholtz, Netwerk 24, 31 Augustus 2016). › Enige vrou wat ’n bikini met selfvertroue kan dra, is genooi om deel te neem. Ook vroue wat selfvertroue in ’n boerkini en ’n hijab het (Netwerk24, 23 Augustus 2019). › Die konserwatiewe [Franse] oudpresident Nicolas Sarkozy [...] het gesê as hy weer in die Élysées-paleis mag intrek, sal hy ’n totale verbod op boerkini’s instel (Leopold Scholtz, Netwerk 24, 31 Augustus 2016).
oorsprong:
Sametrekking van boerka en bikini.
samestelling(s):
boerkini-verbod
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks
boks-
boksemdais
boksendais
bolla 1
bolla 2
bollaharkie
bomsiklogenese
bomsikloon
Bonnie-en-Clyde-sindroom
bonobo
boodskapper-RNS
boogskiet
boom
boomchirurg