Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
boeka ww. | het geboeka | (Maleis, Moesliemafrikaans) die vas breek: › Hy het ons eindelik genooi om by hom te boeka sodat hy persoonlik vir ons kan inlig oor sy dogter wat labarang-aand gelamba gaan raak (Boeta Mogamat Alexander, Vrye Weekblad, 27 Oktober 2023).
samestelling(s):
boekatyd: › Die meeste Maleiers gebruik steeds ’n uitdrukking soos “boekatyd” (tyd om die vas te beëindig) en “suhur” (die eerste maaltyd van die dag) in Kaapstad, maar die Arabiese uitdrukking “iftar” (beëindig die vas) word toenemend gebruik. In Maleis is dit “buka puasa” (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 15 Mei 2020).
KYK OOK: straatboeka
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks