Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
bloue s.nw. | bloues |
1 (informeel) polisieman: › Bloues sê hul reëls is bra grys (Son, 5 September 2020). › Covid-19 raak bloues steeds. Lede van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in Kuilsrivier sal vir eers van die huis af moet werk (Son, 13 Julie 2020). › Bloues soek hulp om lyk uit te ken (Son, 13 Maart 2020).
2 (informeel) pornografiese film/tydskrif: › Ek sou ook kon vertel van die ou wat laataand by Buks insluip, onvas op die voete, en effens te hard vir Buks vra: “Het jy nie vir ’n man ’n bloue nie?” ’n Blou moewie – iets meer pornografies. Sulkes het party videowinkeleienaars agter die toonbank gehou (Dana Snyman, Netwerk24, 5 September 2020).
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel