Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
blink-in-die-skuld b.nw. op die oog af deftig, modieus, welgesteld, maar wat voor die voet skuld maak om dié leefstyl te kan handhaaf: › Daar was dikwels druk vanuit die media of politieke kommentators op die president om sy kabinet te reinig van die donker-stegie-karakter M. [...] en blink-in-die-skuld K. (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 30 Julie 2021).
◌ ENGELS: be up to one’s ears/neck in debt
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi