Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

binnekos s.nw. [geen meervoud]
1
binne(n)ste gedeelte (= vleis) van ’n vrug of groente: die binnekos van ’n pampoen(tjie)/waatlemoen Sny die aartappel middeldeur, skep van die binnekos uit en meng dit met die tuna. Plaas die eiervrugte saam met die botterskorsie in die oond en braai sowat 1 uur tot taamlik swart buiteom en tot die binnekos sag is (Huisgenoot, 25 Augustus 2016).
ENGELS: flesh | meat | pulp

2
(figuurlik) binne(n)ste gedeelte van iets: Die deure se binnekos is uitgehaal (Koos Greeff, Maroela Media, 31 Mei 2017). Kallie en Jan klouter […] teen die windpomp se leertjie op tot op die houtplatform. Hulle trek die stert en die wiel na mekaar toe en bind die twee aanmekaar vas met ’n tou. Dan klim Kallie op die stert waar hy gemaklik sit en die hoed losmaak wat op die windpompkop is. As die hoed af is, kan hy die ratte sien – Frans noem dit die “binnekos” (Willem van der Berg, Weg!, 1 Februarie 2017). Dan crop ek die foto, sny dele weg wat ek nie wil hê nie en haal net die goeie binnekos uit (afrikaanseforum.co.za, 5 Oktober 2011). Dit sal fantasties wees as julle kan spaar op die drukkoste. Ek sien niks fout daarmee om die binneste blaaie op ’n dunner papier te druk nie. Selfs die buiteblad hoef nie noodwendig in glans te wees nie, maar dalk kan julie dit effens dikker hou as die binnekos vir maklike hantering (Annie Olivier, Matieland, 2009 (1)).
SINONIEM(E): kern
ENGELS: meat


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther