Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
bewussynsedasie s.nw. (nie algemeen nie) verdowing van die sentrale senuweestelsel terwyl die pasiënt by sy/haar volle bewussyn is: › Die doel van bewussynsedasie is om die pasiënt kalm en ontspanne te maak tydens ’n operasie. Hulle moet op hul gemak wees en geen pyn ervaar nie […] Die pasiënt se beskermingsreflekse soos hoes en sluk word nie aangetas nie en hy of sy is in staat om ongedwonge verbaal met die dokter te kommunikeer (Die Burger, 20 Julie 2004). ›
◌ SINONIEM(E): skemernarkose
◌ ENGELS: conscious sedation | twilight anesthesia
besmettingsrisiko
besmettingsroete
besmettingsweg
bestaansleefstyl
bestaansleefwyse
bestaansmaksimum
bestakel
bestuurder
betaalmuur
betaalvakansie
betalingsvakansie
betavariant
betekenisverskuiwing
beterder
betereinder
betik
betoinks
betrokkenheid
beursie
beurtbalkie
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies