Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

betalingsvakansie s.nw. | betalingsvakansies |
Ook betaalvakansie | betaalvakansies |

tyd waarin ’n klant of kliënt, met goeie rede, toegelaat word om vooraf ooreengekome maandelikse betalings, soos van belasting, skuld, lenings en/of verbande of dergelike, oor te slaan: S. het daarop aangedring dat die komitee pleit dat die ministers dit sterk oorweeg dat ’n betaalvakansie vir verbruikers op alle heffings en belasting op brandstof oorweeg word [...] ’n Betaalvakansie sal die verbruiker van enige soort brandstof dus meer as R6,15 minder per liter laat betaal (Willam Horne, Netwerk24, 30 Maart 2021). Individue kan aansoek doen vir ’n betaalvakansie van drie maande waarin hulle glad nie skuld betaal nie (Netwerk24, 30 Maart 2020). Die herstel sal kom. 'n Laer prima-uitleenkoers, dalende brandstofprys en betalingsvakansies sal help (Hugo Pienaar, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). Mense wat R7 500 per maand of minder verdien, kwalifiseer outomaties vir ’n betalingsvakansie van drie maande op al hul skuld, insluitende hul huisverband, motorfinansiering, kredietkaart en persoonlike lenings. Dit word slegs toegestaan aan kliënte wat nie op die oomblik agterstallig is met hul terugbetalings nie (Netwerk24, 29 Maart 2020).
ENGELS: payment holiday


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther