Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
biblioterapie s.nw. [geen meervoud] terapie waarby lees en/of voorlees van geskrewe tekste, soos prente- en storieboeke, romans, handleidings, selfhelpboeke en dergelike, gebruik word om mense van alle ouderdomme met sielkundige en fisieke probleme te help: › Dit is maklik om karaktertrekke soos ongehoorsaamheid, oneerlikheid, jaloesie of hoogmoed in kinderverhale te vind waarmee daadwerklike biblioterapie toegepas of gesprekke ontlok kan word (Magdel Vorster, Rapport, 27 Maart 2022). › Deur saam ’n storieboek te lees wat sensitiewe onderwerpe soos die dood of egskeiding op ’n niebedreigende manier hanteer, kan ouer kinders help om vrede te maak met gebeure in hul eie lewe. Dit word biblioterapie genoem en is doeltreffend juis omdat ’n kind haar eie emosies in die veilige omgewing van iemand anders se soortgelyke stories kan beleef en daardeur kan werk (Baba & Kleuter, Februarie 2016).
◌ SINONIEM(E): boekterapie | leesterapie
◌ ENGELS: bibliotherapy | book therapy | reading therapy | therapeutic storytelling
bestaansmaksimum
bestakel
bestuurder
betaalmuur
betaalvakansie
betalingsvakansie
betavariant
betekenisverskuiwing
beterder
betereinder
betik
betoinks
betrokkenheid
beursie
beurtbalkie
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant