Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Big Mac-indeks s.nw. [geen meervoud] indeks van die Engelse weekblad The Economist waarvolgens die koste van lewensmiddele en -behoeftes in verskillende lande jaarliks gemeet word: › Die Big Mac-indeks gee die waarde van ’n Big Mac-hamburger in Amerikaanse dollar vir 56 lande wêreldwyd [...] ’n Big Mac is ’n gestandaardiseerde produk wat in baie lande geproduseer word met presies dieselfde plaaslike bestanddele. Wanneer ’n Big Mac se waarde tussen verskillende lande met die werklike wisselkoers vergelyk word, kan bepaal word of ’n land se geldeenheid onder- of oorwaardeer is (Wessel Lemmer, Lanbouweekblad, 22 Januarie 2021). › Die Bic Mac-indeks wys dat die rand se waarde onderskat word (bgrworcester.co.za, Augustus 2019).
◌ ENGELS: Big Mac index
samestelling(s):
Big Mac-indekswaarde: › Volgens die Big Mac-indekswaarde is die Suid-Afrikaanse rand byna 62% teenoor die Amerikaanse dollar onderwaardeer (Wessel Lemmer, Lanbouweekblad, 22 Januarie 2021).
betavariant
betekenisverskuiwing
beterder
betereinder
betik
betoinks
betrokkenheid
beursie
beurtbalkie
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas