Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
biedêm (uit Engels, informeel)
♦ tussenwerpsel [sametrekking van be damned] te hel met: › Biedêm tradisie, ek volg my hart (Ina Wessels, Huisgenoot). › Op ’n dag besluit jy: Die sogenaamde profesieë en teksverse biedêm – ek wil nie daardie mens wees nie. Dis bloot te lelik. Ek wil sagmoedig wees (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 13 November 2020). › Dit is die slang, en biedêm die gevolge (Frederik de Jager, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019).
♦ ww. | het biedêm | beduiwel: › Moet net nie so baie slengwoorde optel dat dit jou mooi suiwer Afrikaans biedêm nie! (Burger Behr, Huisgenoot, 2007).
bestakel
bestuurder
betaalmuur
betaalvakansie
betalingsvakansie
betavariant
betekenisverskuiwing
beterder
betereinder
betik
betoinks
betrokkenheid
beursie
beurtbalkie
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah