Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
bestakel (lekties, volksetimologie)
♦ s.nw. | bestakels |
1 vermaaklike handeling of optrede: › En toe kom hy ... Papier in die een hand, ’n arm uitgestrek oor die hordes leerlinge voor hom. Die presiese woorde van sy gedig is vergete, maar sy boodskap was helder: Ons is vir meer bestem as wat ons dink ... Kompleet met akkeltjies en bestakels by, ryg hy die stereotipes uit. Die gehoor rol van die lag (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 18 Junie 2021).
2 iets wat potsierlik lyk of iemand wat potsierlik aantrek: › So lief vir my twee kleindogters, maar die kleintjie is ’n bestakel (Sandra Wyngaard, 1 Desember 2019). › Lmklaaa, hy het defnitief ’n bestakel van homself gemaak (Irwille Baksteen Adonis, Facebook, 30 September 2019).
♦ b.nw. [predikatief] › bestakel wees ’n spektakel wees: › As jy bestakel is soos dié kind ... hy wil al daai buffs ophê skool toe vanoggend (Natalia Jasmine Petersen-Boumeester, Facebook, 19 Maart 2021).
♦ tussenwerpsel: › Bestakel, soos die oumense gesê het (Francois M. van Wyk, Facebook, 29 April 2020).
◌ SINONIEM(E): spektakel
◌ ENGELS: spectacle
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin
bende
Benedicteiers
beperking
berekeningsdenke
berg
bersie
besmettingsangs
besmettingsbron
besmettingsgevaar
besmettingshaard
besmettingskrisis
besmettingskurwe
besmettingslyn
besmettingsrisiko
besmettingsroete
besmettingsweg
bestaansleefstyl
bestaansleefwyse
bestaansmaksimum
bestakel
bestuurder
betaalmuur
betaalvakansie
betalingsvakansie
betavariant
betekenisverskuiwing
beterder
betereinder
betik
betoinks
betrokkenheid
beursie
beurtbalkie
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm