Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

betekenisverskuiwing s.nw. | betekenisverskuiwings |
ENGELS: shift of meaning


KYK OOK: pamperlang

Daar is heelparty Afrikaanse woorde waarvan die betekenis verskuif, of reeds verskuif het, omdat hulle so baie op Engelse woorde met ’n heeltemal ander betekenis lyk.

So ’n woordpaar is die Afrikaanse raar en die Engelse rare. Wat in Engels ’n “rare flower” heet, is in Afrikaans ’n skaars of seldsame blom, nie ’n rare blom nie. Die Afrikaanse raar slaan op iets koddigs of sonderlings, veral in ongunstige sin. So kan van iemand gesê word dat hy ’n rare vent is.

So ook met brave en braaf. Die Afrikaans vir brave is dapper. Braaf het wel bestaan, maar het oorspronklik “deugsaam” of “ordentlik” beteken. In dié sin word dit vandag so selde gebruik dat dit vir baie mense prakties nie meer bestaan nie.

Brutal en brutaal is nog so ’n woordpaar. Die Engelse brutal beteken “wreed”, en dergelike meer, terwyl Afrikaans se brutaal eintlik op onbeskoftheid of astrantheid dui, hoewel dit vandag meestal in die sin van wreed gebruik word.

Net so word die Engelse eventual met eventueel vertaal, maar oorspronklik het die twee verskillende betekenisse. Hulle lyk maar net so eenders. Die Engelse woord beteken “uiteindelik” of “op die ou end”. Daar kan byvoorbeeld van die ''eventual result'' van iets gepraat word. Die Afrikaanse woord het oorspronklik slegs op ’n moontlikheid geslaan. So kan gesê word dat eventuele geskille oor iets soos ’n kontrak, d.w.s. geskille wat moontlik kan ontstaan, aan arbitrasie onderwerp sal word.

J.J.J. Scholtz
Taalgereedskap, Die Burger, 14 Oktober 1991 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.    



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther