Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

beursie s.nw. | beursies |

digitale beursie aanlyn diens, of ’n sagtewareprogram of ’n app op ’n elektroniese toestel, soos ’n slimfoon, waarin digitale weergawes van toegangskaarte, instapkaarte en die mees bewaar kan word, asook bankkaarte, wat die beursiehouer in staat stel om met ander partye elektroniese transaksies aan te gaan waarby geld vir fisiese goedere of dienste gelewer, direk uit een rekening na ’n ander oorgeplaas word, soos by tik-en-betaal: Met geldoorplasings wat intyds en gratis gebeur, hoef kliënte wat op die platteland woon, nie meer ver te reis om hul geld te kry nie; hulle kan toegang tot hul geld kry via hul persoonlike digitale beursie wat reeds op die app beskikbaar is (Werner Wippenaar, Netwerk24, 13 Oktober 2021). Intussen wend al hoe meer vryheidsbewegings, skarefinansieringsveldtogte en filantrope hulle tot kriptogeld om fondse van die een digitale beursie na ’n ander oor te plaas sonder dat sentrale regerings dit kan onderskep (Alida Kok, Netwerk24, 17 Februarie 2021).
SINONIEM(E): e-beursie
ENGELS: digital wallet | e-wallet


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

● Taalverskeidenheid (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

● Idiome skets prentjies (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther