Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
binnekos s.nw. [geen meervoud]
1 binne(n)ste gedeelte (= vleis) van ’n vrug of groente: › die binnekos van ’n pampoen(tjie)/waatlemoen › Sny die aartappel middeldeur, skep van die binnekos uit en meng dit met die tuna. › Plaas die eiervrugte saam met die botterskorsie in die oond en braai sowat 1 uur tot taamlik swart buiteom en tot die binnekos sag is (Huisgenoot, 25 Augustus 2016).
◌ ENGELS: flesh | meat | pulp
2 (figuurlik) binne(n)ste gedeelte van iets: › Die deure se binnekos is uitgehaal (Koos Greeff, Maroela Media, 31 Mei 2017). › Kallie en Jan klouter […] teen die windpomp se leertjie op tot op die houtplatform. Hulle trek die stert en die wiel na mekaar toe en bind die twee aanmekaar vas met ’n tou. Dan klim Kallie op die stert waar hy gemaklik sit en die hoed losmaak wat op die windpompkop is. As die hoed af is, kan hy die ratte sien – Frans noem dit die “binnekos” (Willem van der Berg, Weg!, 1 Februarie 2017). › Dan crop ek die foto, sny dele weg wat ek nie wil hê nie en haal net die goeie binnekos uit (afrikaanseforum.co.za, 5 Oktober 2011). › Dit sal fantasties wees as julle kan spaar op die drukkoste. Ek sien niks fout daarmee om die binneste blaaie op ’n dunner papier te druk nie. Selfs die buiteblad hoef nie noodwendig in glans te wees nie, maar dalk kan julie dit effens dikker hou as die binnekos vir maklike hantering (Annie Olivier, Matieland, 2009 (1)).
◌ SINONIEM(E): kern
◌ ENGELS: meat
betik
betoinks
betrokkenheid
beursie
beurtbalkie
bevelpor
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke