Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
blaas s.nw. | blase | blasie | galblaas
◌ ENGELS: (gall) bladder
UITDRUKKING(S):
♦ hand om die blaas wees/loop/staan/sit/gesels/ens. of hand om die blad … (soms as skimp dat daar oor iets gekonkel word) soos groot/ou/dik vriende/pelle/tjommies wees/loop/staan/sit/gesels/ens.: › Ek verstaan regtig nie hoe al julle skrywers en wynmense so hand om die blaas is nie (Carina Diedericks-Hugo, Karaktermoord, 2019). › Heel ironies juis hulle wat voor die verkiesing hand om die blaas gestaan het met ANC-hoës en ons president laat teug het aan uitsoek-Pinotage (Hennie van Coller, Netwerk24, 14 Junie 2019). › Dit wil klink asof sommige polisielede hand om die blaas met die bendes is (Annelie Botes, Netwerk24, 1 Februarie 2019). › Nee, sê Trump, hy en Kim is nog hand om die blaas (Netwerk24, 30 Augustus 2018).
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling