Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
biokrakery s.nw. [geen meervoud] (pogings tot) optimalisering en aanpassing van die natuur deur biologie en tegnologie in te span, soos om die omgewing of die menslike liggaam te (probeer) optimaliseer deur tegnologie te gebruik of met die liggaam te eksperimenteer: › Die persoon wie se rug klaarblyklik leeg gesuig word, is B. en ons vind later uit dat hierdie vetselmengsel, wat hoofsaaklik uit stamselle bestaan, in sy penis gespuit gaan word. Dit alles in die naam van biokrakery [...] Dis nie ’n nuwe verskynsel nie. Dit word in mindere of meerdere mate al vir etlike dekades gedoen. In kort is dit ’n poging om die liggaam se biologie te kraak, om sodoende langer en beter te lewe (Lourensa Eckard, Netwerk24, 27 April 2019).
◌ ENGELS: biohacking
beweeg
bewerasieroete
bewussynsedasie
bewustelikheid
bewustheid
bf
bhang
biblioterapie
biedêm
bieker
bienenstich
biesie
bietjielyf
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits