Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
blaas s.nw. | blase | blasie | galblaas
◌ ENGELS: (gall) bladder
UITDRUKKING(S):
♦ hand om die blaas wees/loop/staan/sit/gesels/ens. of hand om die blad … (soms as skimp dat daar oor iets gekonkel word) soos groot/ou/dik vriende/pelle/tjommies wees/loop/staan/sit/gesels/ens.: › Ek verstaan regtig nie hoe al julle skrywers en wynmense so hand om die blaas is nie (Carina Diedericks-Hugo, Karaktermoord, 2019). › Heel ironies juis hulle wat voor die verkiesing hand om die blaas gestaan het met ANC-hoës en ons president laat teug het aan uitsoek-Pinotage (Hennie van Coller, Netwerk24, 14 Junie 2019). › Dit wil klink asof sommige polisielede hand om die blaas met die bendes is (Annelie Botes, Netwerk24, 1 Februarie 2019). › Nee, sê Trump, hy en Kim is nog hand om die blaas (Netwerk24, 30 Augustus 2018).
Big Mac-indeks
Binance
bindi
binneblykonsert
binnekos
binominaal
bioborrel
biofiel
biofilie
biokraker
biokrakery
biokremasie
biomedies
biometrie
biometries
biometrika
bionies
biostimulant
bismillah
bitcoin
bitcoinland
bivvie
blaai
blaas
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling