Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
bloudruppelverslag s.nw. | bloudruppelverslae | [ook met ’n hoofletter] verslag van die stand van watertoevoerstelsels en -infrastruktuur en die gehalte van drinkwater (in Suid-Afrika): › Byna die helfte van Suid-Afrika se drinkwater is nie veilig vir menslike gebruik nie. Dié skokkende syfer is in die bloudruppelverslag van die departement van water en sanitasie bekend gemaak (Dennis Delport, Netwerk24, 5 Desember 2023). › Die verslag het getoon dat 46% van Suid-Afrika se drinkwater nie mikrobiologies geskik is menslike gebruik nie. Dit is 41 persentasiepunte meer as die 5% van 2014, toe die vorige bloudruppelverslag uitgereik is (Dennis Delport, Netwerk24, 5 Desember 2023). › Die doel van die verslae oor drinkwater (“bloudruppel”) en behandelde rioolwater (“groendruppel”) is om munisipaliteite te takel oor die gehalte van die water wat hulle aan inwoners voorsien, sê die departement van water en sanitasie (DWS) in ’n verklaring wat uitgereik is (Netwerk24, 7 Julie 2021). › Amptenare van die departement van water en sanitasie “doen niks” én verdien ’n salaris daarvoor, het parlementslede hulle toegesnou [...] Hulle is oor die kole gehaal omdat hulle jare laas die bloudruppel- en groendruppelverslag, wat aandui wat die stand van ons waterbronne is, bekend gemaak het (Rapport, 28 Oktober 2018). ◌ ENGELS: Blue Drop Report
bladikoon
blaf
blakerteks
bleke
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos