Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
blouligkonvooi s.nw. | blouligkonvooie | (informeel) ◌ Ook blouligkavalkade, blouligbrigade ◌ aantal motors en/of motorfietse van verkeerspolisielede of van lede van ’n beskermingseenheid wat met flitsende ligte die weg baan vir ’n voertuig waarin ’n belangrike persoon êrens heen op pad is: › Die politici jaag in roekelose blouligkonvooie rond en bestee derbiljoene aan lyfwagte en die opgradering van hulle ampswonings en limousines (Max du Preez, Vrye Weekblad, 3 November 2023). › J.Z. is nou al anderhalf jaar nie meer president nie, maar hy het steeds met ’n blouligkavalkade van agt voertuie met dosyne lyfwagte by die … kommissie ingeswiep en met groot vertoon na sy sitplek gestap (Max du Preez, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Hy is elke dag in lewensgevaar, het [hy] gesê kort nadat hy vergesel van ’n blouligkonvooi van agt duur staatsvoertuie vol lyfwagte by die lokaal aangekom het (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Elke Woensdag vanaf seweuur die oggend wanneer die motors met ministers en hul blouligbrigade die parlementêre gebied in Kaapstad binnegery het, is hulle buite deur aktiviste begroet (Huisgenoot, 7 Junie 2018). › ’n Ander groepering is op hul beurt gevoeg by die immer groeiende blouligbrigade wat [hom] rondgery het (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). ◌ ENGELS: blue light convoy | blue light cavalcade | blue light brigade
blink-in-die-skuld
blinkjan
blinkstefaans
blits
blitser
blitsklits
BLM
bloemlesingreeks
blok
blokketting
blokkiesmaag
blokkiespens
blom 1
blom 2
blomkoolrys
bloostoets
blou
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini