Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
boemerangkind s.nw. | boemerangkinders | (figuurlik, informeel) jong volwassene wat by sy/haar ouers intrek nadat hy/sy ’n ruk lank selfstandig, weg van die ouerhuis, gewoon het: › Baie mense woon weens die huidige ekonomiese toestand langer saam as wat hulle moet, byvoorbeeld die boemerangkinders, wat terugkom huis toe (Huisgenoot, 19 Maart 2015). › Daar word in Europa bevind dat kinders die ouerhuis verlaat, byvoorbeeld as hulle gaan studeer, maar dat hulle dikwels binne vyf jaar weer terugkeer om by pa en ma te kom woon. […] Hierdie jongmense word boemerangkinders genoem: hulle verlaat die nes en keer dan weer terug (Joydigitalmag.com, 14 Mei 2016).
◌ ENGELS: boomerang child
bloudruppel=
bloudruppeltelling
bloudruppelverslag
bloue
bloujare
bloulampie
blouligkonvooi
bloupoets
blouwillebessiebliksem
blushelikopter
blyer
bly-of-gly-debat
BNG
bocce
boccia
bocconcini
boeja
boeka
boekdorp
boekmerk-ikoon
boektok
boektokker
boem
boemerangkind
boep
boeptaal
boereadel
Boeretos
Boere-Toskaans
Boereworsgordyn
boerka
boerkini
boesemsonde
boetiek
boewekrasie
bogberig
bok 1
bok 2
bokashi
bokasji
boks
boks-
boksemdais
boksendais
bolla 1
bolla 2
bollaharkie